

ONTBYT MAALVLEISKONKOKSIE
500g Maalvleis
1 x blikkie tamatie & uie mengsel
1 x el oregano
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
1 tl sout
Vars gemaalde swart peper
1 tlp fyn knoffel
25 ml olie of egte botter
1/2 glas droe witwyn of hoenderaftreksel
2 el worcester sous
1 tl droe pietersielie
Braai die ui, soetrissie, knoffel, oregano en pietersielie saam in die olie of botter tot sag.
Voeg maalvleis en worcester sous by.
Sorteer en braai vleis met ‘n vurk tot bruin.
Geur met sout en peper na smaak.
Voeg die wyn en tamatie & uie (blikkie) by en laat dit goed deurkook vir 20 – 30 min.
Maak klein openinge in maalvleis vir die eiers.
Breek eiers binne in die nessies en bak tot gaar.
Skep die gaar eier met ‘n bietjie van die maalvleis in ‘n gesmeerde bun en sit voor.
Foto: Gideon Louw






