

MARIAN SE HEERLIKE SKAAPSKENKELS
Resep en foto: Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
Het vanaand my mense met Lamb Shank en mash bederf
6 heel skaapskenkels (Lamb Shanks)
1 koppie rooiwyn
1 bottel bbq marineersous
1 ui
1 eetlepel fyn knoffel
1 pakkie sampioene
2 wortels
vleis versagter (Meat tenderiser)
BBQ spice
Roosmaryn – Ina Paarmen
Sout
olie vir braai
Sprinkel die vleis versagter( Meat tenderiser) oor en marineer vleis in marineersous vir ongeveer 1 uur.
Vee sous met jou hande van die vleis af en braai die vleis in ‘n pan met bietjie olie net tot ‘n mooi kleur regom. Hou eenkant.
Sny die ui, wortels en sampioene op en sit onder in ‘n pan. Meng ‘n eetlepel fyn knoffel deur die groente.
Sprinkel die speserye en sout oor die vleis.
Meng die marineersous en wyn met mekaar en giet oor die vleis. Bedek met foelie.
Bak in 180°C oond vir 2 ure of tot heerlik sag.







geskuif
Johan Annatjie van Deventer
Dit was nou ‘n ete duisend smaakvol en baie lekker dankie Mariaan julle het ons bederf.