

SWEET CHILLI KERRIEVIS MET AARTAPPELS
1 medium groot geelstert
1 blikkie Sweet Chillie Tomato Braai Relish
1 ½ eetlepel medium Kerrie
1 teelepel borrie
3 rooi uie grof gekap
4 aartappels in klein blokkies gesny.
sout na smaak
Braai die uie in bietjie olie tot dit begin glaserig word en voeg die aartappels by. Braai die aartappels vir ongeveer 2 minute saam met die uie en voeg dan die Kerrie en borrie by. Roerbraai vir ‘n minuut of twee sodat die aartappel en uie deeglik met die Kerrie gemeng is en voeg dan die Relish en die sout by saam met ‘n halwe blikkie water. Laat prut vir ongeveer 10 minute en voeg dan die heel, skoongemaakte vis by. Bedek en laat prut tot die vis en aartappels gaar is. Roer nou en dan en voeg meer water by as die sous te dik raak. Haal die vis uit wanneer gaar, vlek oop en verwyder die ruggraat. Breek in groterige stukke en plaas in ‘n opdien bak. Gooi die sous bo-oor en bedien.
Bron en Foto: Adam Cloete.






