



MAGDA SE BRAAIBROODJIE MET ‘N TWIST
Nouja vanaand was ek en my manlief geinspireer deur Oom Gideon Louw wat sulke lekker goedjies braai. Ons het besluit om op ñ Maandagaand te braai, want ons kan.
Vir bykos was ons lus vir ñ knoffel kaas broodjie.
Neem ñ gewone snytjie brood, smeer hom lekker met tuisgemaakte knoffelbotter.
Sit gesnyde of gerasperde kaas op.
Rol dan die snytjie brood soos ñ swissroll en draai repies spek om.
Braai oor die kole tot lekker krakerig en bruin.
FOTO EN IDEE: Magda Bekker






