

LEKKER KAASBESKUITJIES
200g (500ml) gerasperde Chedder kaas–
1 pak (150g) aartappelskyfies (kaas en uie geur, fyngedruk) —
140g (250ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom–
100g (110ml) botter of margarien, by kamer temperatuur.
METODE:
Voorverhit die oond tot 200 °C (400°F) Smeer n bakplaat, of bespuit dit met kleefwerende middel. Meng die kaas, aartappelskyfies, koekmeelblom en botter/margarien saam tot n deeg. Rol die deeg in okkerneut grootte balletjies tussen die handpalms. Plaas die balletjies op die bakplaat en druk hulle met n vurk plat. Bak die beskuitjies 10 minute op die middelste oondrak. Plaas hulle op n draadrak om af te koel. Yummy. ☺
Foto: Tharina Roux Steenekamp






