

JESSAMI SE VANILLA CUPCAKES
500 gr meel
500 gr strooisuiker
1 teelepel sout
4 teelepels bakpoeier
7 eiers geskei
2 koppies olie
1 koppie water
4 teelepels vanilla
250 gr maaskaas
750 gr icing sugar
Sif 6x saam meel, strooisuiker, sout en bakpoeier. Skei eiers.
Meng in meelmengsel olie, water en vanilla. Klits eierwit styf. Vou in meelmengsel.
Deel in kolwyntjie panne en bak by 180 grade C tot gaar, ongeveer 12 min.
Kan koek of cupcakes wees.
Icing kan wees maaskaas met icing gemeng, of karamel met peppermint crisp… waarvoor jy ook al lus is. Kan kakoa en koffie bysit, maar maak dan eiers en olie en water meer v koffie Of chocolate cakes
Source: Jessami Esterhuizen Kruger






