
HOE OM SLEGTE REUK UIT JOU OOND TE KRY
Jo-Anne Smit:
Suurlemoen sap, halwe uie en vanilje gesel het my vrieskas gered. Wel seker net 1 ek het ales daar in gegooi
Rita Killian:
Sit suurlrmoen sap on bak kookwater en kook met toe deur tot al die water op gelos is
Pauline Olivier:
Suurlemoensap, vanilla essense en water in bak water en bak vir ruk en laat afkoel oornag.
Lisinda Blaauw:
Mix into a paste Bicarbonate of soda and some water. Apply paste to the inside of your oven and leave over night. Spray some vinegar on the next day and remove from oven with a damp cloth. The bicarb neutralizes the smell and with the vinegar makes and excellent oven cleaner
Annelise Anna Brits:
Maak ‘n groot bottel vanila essence oop en los dit in oond….koeksoda en sodawater….
Tina Kriek:
Weet of dit vir stoof werk nie – maar swembad chloor het die vrot reuk uit my vrieskas gehaal. was ook op vakansie toe vrieskas afgaan – reuk was baie erg.
Gerda Spies:
Sny pineappel en sit net so in oond. Vir n paar dae trek reuk uit
Kelly-Rose Horowitz:
Vanilla essence in a bowl normally works
Cindy Slabbert:
Vanilla essence weet ek werk gewoonlik vir slegte reuke
Petré Van Jaarsveld:
Ek was eenkeer vir n week weg van die huis af … het padkos by die huis gemaak en n hoender in die mikrogolf oond vergeet …. dit was regtig nie baie aangenaam nie … al wat gehelp het was koeksoda en asyn … het daarna suurlemoensap gekook en toe met vanieljegeursel skoongemaak .. reuk was weg …
Elizabeth Margaret Hendrikz:
Was met koeksoda wat soos n pasta aangemaak is…spoel met asyn… spuit dan oond met vanilla essence terwyl hy baie warm is. Hou aan spuit tot dit lekker ruik. Die hitte sal bakterieë verwyder wat slegte reuk veroorsaak
Pauline Olivier:
Laat weet ons wat gewerk het asb. Ek glo in die suurlemoensap, water en vanilla essense. Hoor graag van jou.
Koos van der Merwe:
Ek het verlede week n ou stoof wat nie meer gebruik was uitmekaar gemaak om te kyk of ek dit kan reg kry. Ek dink nie die vorige eienaars het ooit skoon gemaak nie. Ek na nie vertel hoe dit gelyk het daai taai ou vet en die reuk. Ek het dit iewers gelees en toe probeer. Koeksoda en bruin asyn gemeng en op gespuit en na n uur met warm water begin af vee. Dit werk en vat die reuk uit. Waar jy kan gooi die droe koeksoda en spuit dan die asyn op. Jy sien hoe kook alles skoon.
Koos van der Merwe:
Die asyn op toast in n koel sak wat n reuk gekry het en die volgende dag was die reuk weg
Abie Le Roux:
Kry by apteek botteltjie FORMALIEN. Was oond uit met koeksoda. Gooi bietjie formalien in piering en los fit in toe oond vir 2 dae. Pasop formalien baie skerp reuk. Moet NIE daaraan ruik nie. Ons het die ook gebruik vir yskas toe krag af was. Werk soos n bom






