

KAASKRUL MACARONI
1 pak macaroni
1 groot pak kaaskrulle
1 liter melk
sout en peper
1 Koppie gerasperde kaas om bo-oor te gooi
OPSIONEEL
Bros gebraaide bacon
Gaar oorskiet maalvleis
Gevlokte gaar hoender
Blikkie tuna
Kook pasta tot amper gaar en dreineer.
Gooi melk oor pasta en bring tot kookpunt.
Gooi die kaaskrulle in en roer deur tot al die krulle gesmelt het.
[Voeg enige van bogenoemde opsionele bestanddele by indien verkies.]
Voeg sout en peper by.
Skep mengsel in ‘n oondvaste bak.
Gooi gerasperde kaas bo-oor en plaas in oond by 180°C totdat kaas lekker gesmelt het.
Jy kan ook skyfies tamatie pak voordat jy die kaas oorstrooi
Laat staan vir 5 minute en bedien.
Diè is nou baie baie lekker. Ek weet nie waar ek die resep gekry het nie en die foto is ‘n kombinasie van my eie en die internet deurmekaar gevleg
Foto en resep: Petra Nel






