

GESMOORDE VERGLANSDE UITJIES
750 g klein piekeluitjies
30 ml olie
60 ml botter
250 ml hoenderaftreksel
10 ml tamatiepasta
Moenie die wortel ente afsny voordat die gaarmaak proses voltooi is nie. (verhoed dat die uitjies uitmekaar val)
Blansjeer die uitjies en trek die skilletjies af.
Braai die uitjies in die botter en olie vinnig bruin terwyl die kastrol kort-kort geskud word (moenie roer nie). Voeg die res van die bestanddele by en stowe vir 40min.
Bron: Elje Stolk






