

VINNIGE PIZZA
Kors
275 g (500 ml) bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie
knypie sout
Vulsel:
3-4 middelslag tamaties , geskil en gekap
10 ml tamatiesous
1 ml gedroogde orego of basiliekruid
125 g ontbytspek , gesnipper
150 g (375 ml) gerasperde Chedder-kaas
Plaas die bruismeel, kookwater , kookolie en sout in n plastiek houer met n deksel wat seel. Skud die houer heen en weer todat n sagte deeg gevorm het. Druk die deeg ewe dik in n rolkoekpan van 35 x 25 x 2 cm. Bedek dit liggies met n klam doek en hou dit eenkant tot benodig. Smoor die tamaties en uie tot dik en gaar en laat afkoel .Voorverhit die oond tot 180°C (350°F) Smeer die tamatiesous oor die rou kors.Smeer die gesmoorde tamaties bo-oor. Strooi die orego of basiliekruid oor en plaas die speksnippers bo-op. Strooi die kaas oor. Bak die pizza 30 minute of todat die kaas begin verbruin op die middelste oondrak. Sit dit warm voor.






