GEBAKTE AARTAPPELSLAAI
Sny 6 gekookte aartappels,nie pap gekook, in blokkies en plaas in bak,
Maak witsous van l en ‘n half k melk, 2 E margarine, 2 E koekmeel en sout en peper na smaak.
Meng dan met ‘n kwart k mayonaise, 1 E aangemaakte mosterd en gooi oor aartappels, meng liggies deur.
Rasper dan cheddar kaas en sprinkel bo-oor.
Bak vir 30 minute by 180 gr C.
Bedien saam met braaivleis.
FOTO: Meisie Van Der Colff
Die was heerlik verby die mense het dit baie geniet en die bak het leeg huis to gekom.
Carien van Eck
Het dit al gemaak, kan dit aanbeveel dis ‘n smaaksensasie