


GEBAKTE AARTAPPELSLAAI
Foto: Meisie Van Der Colff
FOOD LOVERS RECIPES
Sny 6 gekookte aartappels, nie pap gekook, in blokkies en plaas in bak.
Maak witsous van die volgende:
1½ koppies melk
2 eetlepels margarine
2 eetlepels koekmeel
sout en peper na smaak
Meng die volgende by:
¼ koppie mayonnaise
1 eetlepel aangemaakte mosterd
Skep oor aartappels, meng liggies deur.
Rasper dan cheddar kaas en sprinkel bo-oor.
Bak vir 30 minute by 180ºC.
Bedien saam met braaivleis.
2 thoughts on “GEBAKTE AARTAPPELSLAAI”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Die was heerlik verby die mense het dit baie geniet en die bak het leeg huis to gekom.
Carien van Eck
Het dit al gemaak, kan dit aanbeveel dis ‘n smaaksensasie