GEBAKTE AARTAPPELSLAAI



GEBAKTE AARTAPPELSLAAI
Foto: Meisie Van Der Colff
FOOD LOVERS RECIPES
Sny 6 gekookte aartappels, nie pap gekook, in blokkies en plaas in bak.
Maak witsous van die volgende:
1½ koppies melk
2 eetlepels margarine
2 eetlepels koekmeel
sout en peper na smaak
Meng die volgende by:
¼ koppie mayonnaise
1 eetlepel aangemaakte mosterd
Skep oor aartappels, meng liggies deur.
Rasper dan cheddar kaas en sprinkel bo-oor.
Bak vir 30 minute by 180ºC.
Bedien saam met braaivleis.