

ANELDA SE LEKKER SEMELBESKUIT
Resep en foto: Anelda Botha
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bruismeel flour
2 koppies koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
2 koppies semels of all bran
2 koppies oats
2 koppies klapper
1 koppie sade en rosyntjies/ cranberries (sonneblom en pampoen)
Meng dit goed deur.
500 bak margarien
2 koppies bruinrys suiker
Smelt op plaat tot margarien heeltemal gesmelt is.
Klits 3 eiers saam met 500 ml karringmelk.
Klits dit dan stadig by die margarien mengsel (maak seker margarien mengsel is afgekoel anders skif die eiers as by meng.
Voeg dan droë en nat bestanddele bymekaar.
Ek deel my mengsel in 2 bakplate, sny dit en bak dan teen 180°C vir half uur.
En dan droog ek dit teen 90°C, oonddeur moet bietjie oop wees sodat beskuit nie sweet in oond nie vir so 3 – 4 ure.
Geniet die wat wil!
Resep kry ongeveer so 180 stukkies van 2 x 2 cm.






