

ANELDA SE WORTEL MUFFINS
2 koppies koekmeel
3 teelepels koeksoda
1/2 teelepel sout
1/4 koppie suiker
1 eier
1 koppie melk
1/4koppie kookolie
Meng droë en nat bestanddele.
Daarna kan jy 1 koppie van wat ook al jy wil byvoeg (ek het neute, rosyntjies en wortels bygevoeg)
Skep in muffin pan en bak teen 180 ºC vir 15 – 20min of tot reg is.
Resep maak 12.
RESEP EN FOTO: Anelda Botha






