

WILLEM SE SLOW COOKER KERRIEHOENDER
BRON EN FOTO: Willem Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
My kerrie hoender wat ek laas Maandag al wou maak…vandag eers gestalte gekry.
Plaas die hoenderstukke in die prutpot. Indien verkies kan dit eers bietjie gebraai word, maar nie nodig nie.
Braai 2 groot uie in botter bruin
Voeg 3 koppies water en die volgende bestanddele by die uie en kook vinnig deur.
1 eetlepel koekmeel
2 eetlepels appelkoos konfyt
1 eetlepel kerriepoeier
2 eetlepels asyn
Bietjie blatjang
Bietjie tabasco sous
Sout en peper na smaak
Giet die uiemengsel oor die hoender in die prutpot, stel op Auto en laat rustig kook tot alles gaar en die sous lekker dik is.






