PETRE SE MELKTERTJIES
(Lewer 84 doppies)
(Krimp glad nie)
Soetkors
4 k meelblom
1 k suiker
1 E vlapoeier
1 t sout
250 g margarine
3 t bakpoeier afgeskraap
2 eiers
Room suiker, botter en eiers. Meng die droë bestanddele met vingerpunte in die bottermengsel. Rol uit tussen twee lae plastiek wat met meel bestrooi is, anders sal die deeg aan die roller vassit. Smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin. Prik bodem met vurk. Bak tot ligbruin by 180 grade Celcius vir ongeveer 15 minute. Kan lank in lugdigte houer gebêre word.
Melktertvulsel:-
(Baie lekker en romerig)
(Lewer 60 klein melktertjies)
4 k melk
1 E margarine
3 groot eiers
¼ t sout
1 k suiker
1 ½ E meelblom rond (opgehoop)
1 ½ E milieblom rond (opgehoop)
1 E vlapoeier
1 t vanieljegeursel
Kook die melk en margarien saam. Klits die eiers, sout, suiker en vanieljegeursel saam. Sif die meelblom, mieliblom en vlapoeier saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel. Voeg die meel by die eiermengsel en klits goed sodat al die klontjies kan oplos. Roer ‘n bietjie van die kookmelk by die eiermengsel. Roer dan geleidelik by die kookmelk in pot. Roer tot vulsel verdik. Verwyder van hitte, sit deksel op en laat 1 minuut lank kook. Laat afkoel en plaas in yskas tot koud. Spuit koue melktertpap in doppies. Strooi pypkaneel met ‘n siffie oor.
FOTO – Petré Van Jaarsveld
Geskuif