MAALVLEIS GEREG VIR AANDETE
2 eetl margarien
2 k kou gaar vleis in stukkies gesny
2 k dik witsous
1 destl kerrie (of na smaak)
2 k gekookte rys
1 k sagte broodkrummels
1 destl suurlemoensap of asyn
1 eetl gekapte uie
Sout en peper na smaak
Smelt 1 eetl margarien en voeg vleis by.
Voeg witsous, sout, peper, kerrie en suurlemoensap of asyn by.
Skep die gekookte rys en vleis mengsel beurtelings in lae in ‘n oondbak.
Smelt die res van die margarien en braai die uie daarin.
Voeg die broodkrummels by en meng goed.
Skep die broodmengsel bo-op en bak in ‘n matigeoond tot lig bruin.
(Ek het die broodmengsel vervang met kaas)
Foto en resep geplaas deur Nicolette van Jaarsveld