

MAKLIKE HOENDERSLAAI
Ligte aandete na ‘n warm dag. Maklike Hoenderslaai:-
2 hoenderborsie (ontvel en ontbeen) in repe gesny
½ ui gekap
4 groterige sampioene, gekap
grofgemaalde swartpeper
Sout
1/3 koppie Jimmy’s bastingsous
1 koppie mayonnaisse
½ eetlepel suiker
Maak ‘n Griekse slaai per persoon
Kan ook mango stukke tussenin sit (Ek het tuis ingelegde kappertjiesaad bygesit)
Braai uie swartpeper en sampioene in ‘n bietjie olie
Voeg hoenderrepe by en braai goed deur
Voeg Jimmy’s bastingsous by en roer goed
Voeg mayonnaise by, kook tot sous verdik
Voeg sout na smaak by asook ½ eetlepel suiker
Skep hoender oor slaai Skep dan die sous oor die hoender.
Dit is die slaaisous … Geniet …
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld






