MAKLIKE EN MOEITE VRYE MACARONI EN MAALVLEIS
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Aandete: Maklike, moeitevrye, sonder fieterjasie macaroni met maalvleis!
1 groot ui, grof gekap
½ pak sampioene gekap
⅓ groen soetrissie, gekap
grof gemaalde swartpeper
Soteer bogenoemde tot uie deurskynend is.
Voeg dan 500 g maalvleis by. Braai tot net gaar.
Voeg ¼ teelepel naeltjies by en roer goed deur.
Voeg die volgende by en meng goed:
¼ koppie Jimmy’s bastingsous
¼ koppie rooiwyn
¼ koppie blatjang
Maak 1 pakkie oxtail soppoeier (ek gebruik enige soppoeier) met 3 koppies water aan.
Voeg by maalvleismengsel en kook goed deur tot dik, maar nogsteeds souserig
Kan sout bygooi indien te vars, maar neem kennis dat die soppoeier en bastingsous ook sout in het.
Vul ‘n kastrol met water, sout en ‘n bietjie olie. Bring tot kookpunt en voeg ‘n ¾ pak macaroni by.
Kook tot sag maar nogsteeds ferm. Dreineer en gooi terug in kastrol.
Moenie afspoel nie, ander klou die sous nie aan die pasta nie.
Gooi maalvleismengsel by macaroni, meng goed deur.
Skep in bak, rasper kaas oor en strooi bietjie origanum oor.
Bak teen 180ºC tot kaas gesmelt en lekker bruin gebak is.








