
KOMKOMMER EN ROOIBOS VORM
1 pakkie suurlemoenjelliepoeier
150 ml kookwater
75 ml asyn
75 ml sterk rooibostee
1 middelslag engelse komkommer-grof gerasper
sout en peper na smaak
kropslaaiblare of pietersielie en swart olywe of druiwekorrels vir garnering.
Los die jelliepoeier in die kookwater op.
Voeg die asyn en rooibostee by en laat die mengsel afkoel totdat dit dik is en net -net wil stol.
Voeg die komkommer, sout en peper by en meng.
Spoel ‘n slaaivorm met koue water uit.
Giet die komkommermengsel in die vorm en last dit in die koelkas stol.
Ontvorm die slaai net voor opdiening op ‘n mooi slaaibord en garneer dit soos verkies met kropslaaiblare of pietersielie en olywe of druiwekorrels.






