

LORRAINE SE LEKKER FRIKKADELLE
1 kg maalvleis
½ blokkie Oxo opgelos in bietjie water
1 eier
1 ui gerasper
1 tamatie gerasper
1 pakkie simba chips – klein pakkie druk dit baie fyn
Geen sout nie die chips is klaar sout
Meng alles goed maak bolletjie. Giet in die bodem van die pan min water, hy moet eintlik stoom, pak die bolletjies in die waterlagie. Bak in die oond tot net gaar, dit bak lekker bruin. Die bolletjies is nog net so sappig as dit koud is dan weet jy dit is reg.
Resep en foto: Lorraine van der Westhuizen






