


GEVULDE SKAAPHART
Nou ja ek wou dit toets en so het dit gekom. Julle kan natuurlik die vulsul vir enige iets anders gebruik.
1 grroot ui fyn gensy in blokkies so 3×3 mm
Ek het een pakkie baby Spinasie gekoop en die blare in kwarte gseny.
Een ring Feta kaas in blokkies gesny so omtrent 1 cm
50 gram cheddar kaas in blokkies gensy so 4×4 mm
6 stringe streaky Bacon op gesny.
Alles bymekaar gemeng en ekstra sout en growwe swart peper oor gegooi.
Skaap hart oop gesny en die vulsul binne in gesit.
Toe maak ek die een hart toe met streaky bacon en die ander los ek net so oop. Alles in die oond gebak op 180 grade vir so n uur
Die vulsul was genoeg vir 4 skaap harte.
As jy lewer en niertjies eet kan jy maar die probeer dis beter.
BRON – Koos van der Merwe






