
GAARMAAK VAN SOUTVLEIS
2 lourierblare / bay leaves
5 heel naeltjies
5 heel peperkorrels
1 ui, in ringe gesny
3 wortels, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
15 ml bruinsuiker
10 ml mosterd, klaar aangemaak of 5 ml poeiermostert
genoeg water om die vleis toe te maak in die pot
Sny die ui en die wortel in ‘n pot.
Pak die lourierblare, pietersielie, naeltjies, peperkorrels, suiker en mostert op die uie en wortels.
Sit die vleis in die pot en maak dit toe met water.
Vir elke 500 g wat die vleis weeg, kook jy dit vir 30 minute op die stoof. (my vleis het 1,5 kg geweeg en ek het dit stadig vir 90 minute gekook) Haal die vleis uit die water en laat afkoel buite die yskas.
Draai die vleis toe in gladwrap en bêre dit in ‘n plastiekhouer in jou yskas – dit kan werklik baie lank hou in jou yskas.
Geniet hierdie stukkie tradisionele vleis op brood of in ‘n slaai.
Mosterd en sweet chilliesous komplimenteer die soutvleis.
BRON: Marinda Kook






