


BROS GEBRAAIDE VARKMAGIE-PORK BELLY
Vir twee kilogram vleis nodig jy omtrent 3 teelepels fynsout, vars witmaalpeper en soveel vinkelsaad soos jy kan invryf – dit is al – jy kan as jy grend voel ook dun gerasperde suurlemoenskil en droë salie bysit sny die vetjie oorkruis so diep en veel kere soos jy kan, maak die vleis dan goed droog en dan vryf jy hom met die fynsout , veral tussen die kepe.
Laat staan die vleis vir ‘n halfuur. veeg al die water af [ die sout trek vog uit die vel ] van die vleis dws jy maak hom weer droog.
Vryf nou growwe seesout, wit maalpeper en vinkel in die vleis in – gooi ‘n koppie vars water onder in jou roosterbak , sit die vleis op die draadrakkie en vat hom oond toe – bak hom vir te minste 3 ure op 140ºC of op jou rooster oor ‘n matige hitte, sodat die proses stadig gebeur.
Ek bedien die vleis saam met heerlike fynaartappel en komkommer- en asynslaai.
Jy kan ‘n sousie maak van die pansappe, maar ek verkies die vleis soos hy is – sag, bros en heerlik.
Die is werklik besonders lekker.






