

3 BESTANDDELE VRUGTE KOEK MET SJOKOLADE MELK
1 kg vrugtekoek mengsel (sit ekstra kersies by indien verkies)
750 ml sjokolade melk of rooibostee
2 koppies bruismeel
Week die vrugte in die melk vir 24 uur in die yskas.
Voorverhit die oond tot 150ºC of 120 ºC met die waaier aan.
Voeg die bruismeel by en meng baie goed deur.
Die mengsel is dik, skep in ‘n 25 cm losboom koekpan.
Bak vir 1 ½ tot 2 ure of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat die die pan afkoel vir ‘n uur en keer uit op ‘n afkoelrak en laat heeltemal afkoel.
Bewaar in ‘n toe houer in die yskas.
Die koek kan nie lank gebêre word nie. Dit is vir bak en eet – hou so twee weke in die yskas.
Bron en foto: Hettie Bezuidenhout

Yvonne Naude:
With food lovers group – This is my 3 ingredients fruit cake. Will serve it on Thursday at our Seniors year end function. I used the Rooibos for the liquid.






