

TUNA SPAGHETTI MET N ANDERSTE BOLAAG
2 blikkies tuna in water
½ koppie kekerertjies (chickpeas)
1 ui, gekap
½ soetrissie gekap
handvol sampioene gesny (ekt net 4 gehad)
2 eetlepels blatjang
gemengde kruie na smaak
Ina Paarman suurlemoen en swartpeperspeserye na smaak
½ pak spaghetti
Cheddarkaas gerasper
Smoor die uie, soetrissie en sampioene in ‘n pan op die stoof tot sag. Voeg die kekerertjies, tuna, blatjang, kruie en speserye by en meng goed deur. Skakel die plaat af. Kook die spaghetti tot gaar, volgens die aanwysings op die pak. Skep die gaar spaghetti in ‘n oondbak. Skep die tunamengsel bo-op die spaghetti en plaas eenkant.
Bolaag:
½ koppie natuurlike jogurt
3 eetlepels Mayonnaise
bietjie melk
Meng die jogurt, Mayonnaise en melk tot glad en giet dit bo-oor die tunamengsel in die oondbak. Strooi gerasperde kaas bo-oor die johurtmengsel en bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ºC tot die kaas begin borrel.
Nota: Ek maak dit sommer in die mikrogolf. Die resep is genoeg vir 3 persone, jy kan dit vermeerder volgens eie keuse.
Resep en foto: Pam Saal
One thought on “TUNA SPAGHETTI MET N ANDERSTE BOLAAG”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done