

IRENE SE MELKTERTVULSEL
Resep geplaas deur: Irene Gilliland
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml melk
1 kaneelstokkie
Zest van een suurlemoen
5 eiers geskei
1/3 koppie koekmeel
1 hoog vol eetlepel vlapoeier
Verhit melk met kaneel en suurlemoen zest tot kookpunt
Klits eier geele met die helfte suiker en ‘n ½ koppie melk tot liggeel en donserig.
Klits vlapoeier en meel by.
Voeg van die warm melk by eiermengsel terwyl jy dit stadig klits en dan weer terug in die pot saam met die ander melk, roer totdat dit verdik op ‘n medium hitte.
Verwyder dan van hitte.
Klits eierwitte tot sagte punte vorm, voeg dan die res van die suiker stadig by, eetlepel op ‘n slag terwyl jy klits. Klits tot stywe punte vorm.
Vou eierwitte in derdes by vlamengsel in vou met metaal lepel in deur figuur 8 te maak.
Skep in voorbereide doppe
Bak vir 25 min in 180 ºC oond.
Skakel oond af en laat staan in oond vir verdere 15 min. Haal uit en strooi kaneel oor.






