

SPINASIE-KERRIE
1 bos vars spinasie, skoongemaak en fyn gekap
½ koppie water vir spinasie
1 ui fyn gekap
¼ koppie olie
2 teelepels tamatie puree
½ teelepel jeera poeier
½ teelepel garam masala
½ teelepel dhania poeier
1 teelepel “mother-in-law” rissiepoeier
sout na smaak
¼ teelepel swartpeper
2-3 aartappels in blokkies gesny en sag gekook
¼ koppie water
1 teelepel fyn knoffel en gemmer pasta
Stoom die spinasie in ‘n pot met die ½ koppie water tot amper droog, verwyder van die hitte en plaas eenkant.
Verhit die ¼ koppie olie in ‘n pan op die stoof, voeg die ui by en braai tot goudbruin. Meng die tamatie puree met ‘n bietjie water en voeg dit saam met die speserye by die ui en braai tot ‘n pasta vorm.
Voeg die spinasie en aartappel by die speserymengsel met die laaste ¼ koppie water en braai tot goed gemeng.
Voeg die knoffel en gemmer pasta by na smaak.
Lekker eet, hoop almal geniet die spinasie kerriegereg.
Resep en foto: Munir Husan
One thought on “SPINASIE-KERRIE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done