

SOPHIA SE SKURWEJANTJIES
2 koppies oats
1 koppie suiker
1 koppie koekmeel
1 koppie klapper
250 g botter
1 eetlepel stroop
1 teelepel koeksoda
Smelt botter , stroop en koeksoda saam.
Sif die meel en meng met ander droë bestandele. Meng die nat bestanddele en voeg by.
Die mengsel moet krummelrig wees. Druk in gesmeerde pan vas, bak +- 30 min in ‘n koel oond, ongeveer 120 ºC.
Resep: Sophia Fick






