
APPELKOOSKOLWYNTJIES
300 g bruismeel
150 g strooisuiker
knippie sout
6 eetlepels olie
1 groot eier
250 ml karringmelk
1 teelepel vanilla geursel
1 blik halwe appelkose
appelkooskonfyt
2 teelepels botter, gesmelt
kaneelsuiker
Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ‘n kolwyntjiepan met kleefwerende sproei of gebruik papierkoppies.
Sif die meel in ‘n mengbak en voeg dan die suiker en sout by.
Klits die olie, eier, karringmelk en vanilla geursel saam.
Voeg die vloeistofmengsel by die droë bestanddele en roer tot die beslag net-net gemeng is.
Skep ‘n lepelvol van die mengsel in die kolwyntjiepannetjie en maak ‘n holte in die middel.
Vul die holte met ‘n teelepel appelkooskonfyt en ‘n halwe appelkoos en bedek met nog beslag.
Bak die kolwyntjies in die voorverhitte oond vir 12 – 15 minute.
Laat effens afkoel, verf met gesmelte botter en sprinkel kaneelsuiker oor. Bedien warm.
Bron: RSG






