
SJOKOLADE BLOKKIES-HEDGEHOG SLICES
200 g donker sjokolade
1 blik kondensmelk
1½ koppies gebreekte koekies
1 koppie okkerneute
½ koppie klapper
¼ koppie kakao poeier
Smelt sjokolade in mikrogolf en voeg die kondensmelk by. Roer goed.
Voeg die koekies, neute, klapper en kakao by en meng goed.
Skep in ‘n bak wat uitgevoer is met bakpapier. Sit in die yskas.
Smelt nog 200 g donker sjokolade met 1 teelepel olie in mikrogolf en giet bo-op. Laat hard word en sny blokkies. Op die foto is my weergawe daarvan
Foto – Judy Bester






