500g koekmengsel
250 g dadels gesny
200g glanskerse
250 ml bruinsuiker
250ml kookwater
125g margarien in stukke gesny
5ml koeksoda
100g neute (opsioneel)
500ml koekmeel
3ml bakpoeier
2ml sout
2ml elk gemengde spesery
gemmer,
kaneel en
naeltjies
2 eiers geklits
12,5 ml sjokolade kleursel of sjokolade sous (opsioneel)
25ml brandewyn of Old Brown Sherry
Plaas eerste 6 bestanddele in ‘n groot mikrogolfvaste bak en meng deur.
Bedek met kleefplastiek en mikrogolf 5 min @ 100%.
Verwyder plastiek, roer koeksoda en neute by en laat eenkant staan.
Sif droeë bestanddele saam.
Klits eiers, voeg sjokolade geursel of sous en brandewyn of sjerrie by die eiers.
Voer ’n 2 liter roomys bak (of ander bak van keuse) met handdoekpapier uit.
Die papier hoef net onderlangs en effens teen die kante onder te wees.
Roer meel by vrugtemengsel.
Roer eier by mengsel.
Skep versigtig in roomysbak sodat papier nie toevou nie.
Hol die beslag effens uit in die middel.
Plaas die bak op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf 15 min @ 100 krag.
Laat dit in die bak afkoel tot lou voordat dit uitgekeer en die papier verwyder word.
Sprinkel addisionele brandewyn of sjerrie oor en draai in foelie toe.
Laat ryp word in ‘n koel plek.
Kan elke paar dae met n bietjie brandewyn of sjerrie verder besprinkel word.
Die bruin suiker, asook die sjokolade kleursel gee aan die koek ‘n donkerder kleur.
Gebruik dus ‘n lekker donker suiker indien moontlik.
Ek sit ook soms 2 E sitrusskil in.
Ek het n groot mikrogolfoond.
Die tyd kan met ‘n minuut of 2 wissel met ‘n kleiner Watt oond.
RESEP EN FOTO: Sharron Dianne van Eeden (Lid)








