

KOOS SE RYS IN DIE POT-ARM-MANSPOTJIE
Ek het uie gebraai tot glaserig en toe uit gehaal uit die pot uit.
Hoender stukkies in die pot gepak. Speserye gegooi en stadig laat kook geen water nie.
Toe die hoender so halfpad gaar is gooi ek die uie terug in die pot. Sit aartappel by en een beker rou rys.
Nog sout oor die aartappels en rys en laat kook vir so 30 minute.
Toe sny ek Baby Marrows by en los alles toe vir 30 minute.
Ek ket gewag tot die rys mooi gaar is en toe gooi ek bietjie Paprika oor net vir die kleur.
Bedien saam met Pampoen en Beet slaai.
Nota: ek probeer glad nie water ingooi nie. Daar is baie vog in die hoender en ek kook stadig so op no 3 op my stoof plaat. Die rys val los tussen die aartappel en vleis en kook in die sous en maak glad nie klonte nie. As jy die rys ingooi en jy sien daar is te min sous kan jy net bietjie water bygooi sodat als noe onder brand nie maar ek moet se ek hou van klein bitjie aanbrand onder in die pot dis die lekkerste. Kook net heeltyd stadig. Dit vat n maklike 2,5 tot 3 ure
Resep: Koos van der Merwe
Charmaine Grove ons noem die rys vleis en aartappel pot sommer “arm-mans potjie” smile emoticon






