

SILVERSIDE MET BYKOSSE
Wit rys
Wortels met aartappels fyn gedruk met botter, sout en swartpeper.
Groenbone met spek, uie en room.
Geroosterde Silverside – resep volg:
Vleis:
1 medium grootte Silverside
1 eetlepel fyn knoffel
100g fyn spek
150 ml rooi wyn
1 teelepel Robertsons Zesty Lemon & Herb
200 ml Spur hichory basting
2 eetlepels olyf olie
1 blokkie boef stock
1 koppie kookwater
Sny glefies in Silverside, vul met knoffel en spek
Smeer Robertsons speserye, eetlepel hichory basting en olyf olie oor.
Plaas onbedek in oond (190ºC) vir tien min om te seël.
Haal uit en stel oond af na 145ºC.
Meng die res van die bestanddele saam en giet oor (hou ‘n derde van sous eenkant).
Plaas terug in oond vir ongeveer 2,5 ure.
Haal uit en sny die silverside in dun snytjies, plaas terug in selfde oondvaste bak.
Skep res van sous oor en terug in die oond vir ongeveer 15 na 20 min.
Bron en foto: Dedrei Venter(lid)






