


OUDTYDSE HERTZOGGIES
Ongeveer 60 koekies.
3 koppies koekmeel
1 koppie mielieblom (maizena)
sout
1 teelepel bakpoeier
1 koppie strooisuiker
250 g margarien
2 eiers
3 eetlepels water
MERINGUE BO-LAAG:
4 eierwitte
1 koppie strooisuiker
5 ml vanielje
2 1/2 koppies klapper
125 ml fyn appelkooskonfyt
Stel oond op 180°C.
Sif droë bestanddele saam, roer suiker by.
Vryf margarien in tot lyk soos broodkrummels.
Klits eiers en water saam, meng met meelmengsel tot ‘n deeg vorm.
Plaas 30 min in yskas.
Rol uit in groot genoeg sirkels sodat dit in ‘n kolwyntjiepannetjie pas.
MERINGUE BOLAAG:
Klits eierwitte tot stywepuntstaduim en klits suiker geleidelik by, klits goed na elke toevoeging tot dik.
Vou vanielje by en klapper by.
Skep 2.5 ml konfyt in elke holte en skep meringuebolaag bo-op tot bedek.
Bak 15 tot 20 min of tot goudbruin.
**Laat afkoel op draadrak.♫
Ek het n klein oond so myne bak so 12 min.
Foto: Charlotte van Rensburg







Geskuif