PETRE SE KLAPPER EN RUM POEDING
Het die resep by iemand gekry.Weet nie waarvandaan dit kom nie. Het hier en daar ‘n bietjie aanpassings gedoen.
(Basiese resep vir Bruinpoeding wat ‘n bietjie aangepas is)
1 ½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
knippie sout
½ koppie suiker
1 koppie klapper
1 koppie melk
1 groot eier
1 eetlepel fyn appelkooskonfyt
1 eetlepel asyn
½ teelepel rumgeursel (ek het 1 eetlepel strohrum gebruik)
Sous:
1 koppie suiker
1 ½ koppie melk of ideal melk
125 g botter/margarien
1 teelepel vanieljegeursel
25 ml (1 tot) strohrum, opsioneel
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer/spuit ‘n oondvaste bak. Los koeksoda in melk op. Hou eenkant.
Klits die eier en suiker saam tot goed gemeng. Voeg die appelkooskonfyt asook die asyn by.
Sif die droe bestanddele saam, en voeg dit beurtelings met die melk en koeksoda mengsel by die eiermengsel.
Voeg die klapper en die rumgeursel by en meng goed.
Bak ongeveer 30 tot 45 minute of tot die toetspen skoon uit kom.
Meng al die bestanddele behalwe die strohrum vir die sous oor lae hitte totdat die botter gesmelt is.
Kook dan 5 minute lank. Gooi rum by en roer goed deur.
Steek poeding vol gaatjies en giet die sous oor die warm poeding.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld









geskuif