DIE SMAAKLIKSTE LEWER OOIT
Vat n pak snipper bacon en braai dit tot matig hard saam met n ui wat in klein blokkies gesny is. Kry vir elkeen n lekker groot stuk lewer, skaap of beeslewer maak nie saak nie. Sorg dat die lewer so n sentimeter dik is en mooi skoon sonder velletjies. Nou die baie belangdrikste van als. Braai die lewer in ‘n baie warm dikboom pan presies n minuut aan ‘n kant. Die lewer is nog rou aan die binnekant en mooi geskroei an die buitekand,net sout en swartpeper na smaak. Nou vat jy n oondpan smeer hom olie en sit jou lewer darin. Jou oond is alreeds verhit op 180 c• . Nou vat jy die gebraaide bacon en uie en bedek dit sorgvuldig oor jou stuk lewer. Nou vat jy plakkies kaas en pak dit mooi op die bacon sodat die kaas die bacon kan vasklou om nie af te val nie, Nou sodra jou oond se liggie afgaan sit jy jou oondpan met lewer so 200 mm van die oond se boonste spiraal af en sit onmiddelik jou top griller op grill en van bake af. Onthou jou oond is alreeds warm so jy moet nou jou lewer presies vir 15 minuute gril en dan uithaal .Mens sal nou dink dat die lewer nog rou sal wees, maar glo vir my dit is gaar en sag soos jy nog nooit lewer ge eet het nie.
Baie belangdrik :
Lewer 1 cm dik, te dun gaan die lewer taai word en te dik gaan die lewer rou uitkom.
Braai presies n minuut an n kant en presies 15 min op grill in n warm oond,,,
Als is uitgewerk op tyd en dikte om sodoende n volmakte sagte lewer te kan voorberei,Bedien terwyl dit warm is saam met brood of tuisgebakte brood is nog beter,,,rerig mense julle sal nie weer lewer op n ander manier wil eet nie.
Bron en Foto: Cobus Erasmus









