


PETRE SE HEERLIKE MELKTERT
1 ½ liter melk
½ koppie koekmeel plus ½ desertlepel opgehoop
½ koppie maizena plus 1 desertlepel opgehoop
4 eiers geskei
¼ teelepel sout
½ desertlepel vlapoeier opgehoop
65 g margarien/botter
¾ koppie suiker
1 teelepel vanieljegeursel
Skep 1 koppie koue melk uit – hou eenkant. Verhit orige melk, margarien/botter, sout en suiker saam. Klits apart 4 eiergele, meel, maizena, koppie koue melk, vla poeier en vanieljegeursel baie goed. Voeg 1 koppie kookmelk by en klits weer goed. Sodra melk kook, haal van stoof af en voeg eiergeelmengsel by. Klits vinnig met draadklitser (whisk). Kook 1 tot 2 minute tot pap nie meer aan pot se boom vassit nie. Klits eierwitte styf (nie te styf). Klits styfgeklopte eierwitte in pap in en gooi uit in skilferkors tertborde .
Bak vir 20 tot 25 minute @ 180ºC. Lewer 2 terte
Kors
1 rolletjie puffpastry dun uitgerol. 2 tertborde moet daarop kan pas, en daar moet n bree strook langs die kant oor bly om repe deeg te kan sny. Sny kors uit (groter as tertbord). Voer terbord uit, en skraap rand gelyk met agterkant van n mes. Smeer mengsel van eier en melk op die deeg om die rand … Sny n lang strook van die deeg wat uitgerol is, en plak al om die rand van die tertbord op die deeg waarmee die tertbord uitgevoer is. Smeer boonste rand met eiermengsel. Herhaal nog 2 keer Skep melktertpap in die tertbord sodat die pap oor die onderste rand wat binne die tertbord is le.

Hier is my Melktert goedjies vir Nasionale Melktert Dag.
Die horinkies het ek met Karamelmelktertvulsel gevul, my melktertresep gebruik. Die vanieljegeursel met 3 teelepels karamelgeursel vervang en n halwe blikkie carameltreat bygevoeg.
Die bootjies het ek met Peppermint Crisp Melktertvulsel gevul. Die karamel vulsel gebruik en ‘n driekwart peppermint crisp by gerasper. Het ook ‘n Shortcrust pastry gebruik.
Resep en foto’s – Petré Van Jaarsveld






