OUTYDSE SOETKOEKIES – MET BESKUIT DRUKKER
250 g botter
600 g suiker
5 groot eiers
800 g ongesifte koekmeel
30 ml bakpoeier
10 ml neutmuskaat
2 ml sout
Verroom botter, Suiker en eiers! Sif koekmeel , bakpoeier, neutmuskaat en sout saam! Meng droe bestanddele met eier mengsel tot sagte deeg! Bedek en laat 30min rus. Voorverhit die oond tot 200c (ekt op 180 gewerk anders word my koekies donker onder)
Rol die deeg dun uit (dun)
En druk vorms (eks soma my beskuit pan se drukker gebruik) Strooi ekstra suiker bo oor! Bak 8-12 min.
Ekt 145 koekies uit gekry
Michael wou meultjie koekies gehad het maar die is nou by die see so toe werk die beskuit drukker sommer ) baie lekker
FOTO – Benhet Nieuwenhuis










Hierdie resep het ek her doop! outydse spesery koekies. Toe ouma dit proe was dit die eerste wat sy gese het dis mos spesery koekies my kind!!