

AARTAPPEL EN UIE KOEKIES
Bestanddele
1 eetlepel (15 ml) bruinsuiker
1 eetlepel (15 ml) Balsamiese-asyn
1 eetlepel (15 ml) rooiwynasyn
1 rooi ui, in ± ½ cm ringe gesny
3 medium aartappels, gerasper
2 teelepels (10 ml) roosmaryn, grof gekap
1 groot eier, liggies geklits.
2 eetlepels (30 ml) botter, gesmelt
Sout en swartpeper na smaak
Metode
Verhit die oond tot 180°C.
Spuit die holtes van ‘n medium muffinpan met kleefweerde sproei.
Meng die bruinsuiker en asyn saam in ‘n mengbak en verdeel die mengsel tussen elke muffinpan-holte. Plaas ‘n uiering in elke holte.
Meng die aartappel, roosmaryn, eier en botter saam en geur goed met sout en swartpeper.
Skep genoeg van die aartappel bo-op om elke uiering te bedek en gebruik die agterkant van ‘n lepel om dit effens vas te druk.
Bak vir 20-25 minute of tot die aartappel goudbruin en gaar is.
Gebruik ‘n mes met ‘n dun lem om die rante los te maak. Keer uit en bedien warm saam met spek en roereiers.
BRON – RSG
FOTO: Lisinda Blaauw







GESKUIF