


MAGDA SE PAMPOENKOEKIES MET STROOP
2 koppies koekmeel
1 koppie suiker
2 koppie gaar pampoen (butternut of boerpampoen) geen byvoegings
2 teelepels fyn kaneel
3 teelepels bakpoeier
2 eiers
1/4 koppie melk
Sif droë bestanddele goed , roer pampoen , melk en eiers daarby , meng goed.
Braai teelepels vol in warm olie tot goud bruin (nie te warm nie, sal self omkeer wanneer gaar aan die onder kant)
Stroop
2 koppies suiker
1 koppie melk
1 koppie water
3 teelepel maizina
1 eetlepel botter
1 teelepel fyn kaneel
Gooi al die bestanddele behalwe die maizina in ‘n kastrol en kook vir so 3 minute , maak maizina aan met ‘n paar teelepels water en voeg by stroop , kook tot effens verdik , gooi nou warm stroop oor die pampoenkoekies en bedien warm.
Koekies kan ook sonder stroop bedien word met kaneelsuiker oorgestrooi , soos vir n snoep dingetjie of op ‘n soetplatter , baie soos ‘n dounut.
Bron: Magda Van Der Merwe
Fotos: Gerda Venter Foto:







Gerda Venter
Maar mamma was moeg en dit was warm so ek het pampoenkoekies 3 ways gemaak. Sussie hou van net kaneelsuiker oor hare. Die stroop oor die res en toe raak ek moeg en dis warm..toe maak ek pampoentert met die res wat oorgebly het en het toe van die stroop oorgegooi…nou is daar ietsie vir almal se
Gerda Venter
Pampoenkoekies..verskriklik lekker resep op die blog