JIMMY SE KERRIE BRAWN
4 Varkpote
1,5 kg beesskenkel
Stuk Beespens
5 groot uie gekap
400 ml asyn
30 ml matige kerrie poeier
15 ml borrie
15 ml sout na smaak
2 ml peper
Plaas pote, pens, en skenkelvleis in groot diep kastrol met Dik boom. Voeg res van bestandele by asook genoeg water om vleis mee te bedek . Sit deksel op en kook totdat al die vleis van bene val. Laat afkoel tot lou, verwyder al die bene.
Maal al die vleis fyn en voeg by sous in kastrol, voeg nog kookwater by as sous te min is. Laat dit opkook en kyk of daar genoeg sout en kerrie in is.
Giet die mengsel in reghoekige of vierkantige bakke en plaas in koelkas om te stol. Dit is na n paar ure reg vir gebruik.
BRON/FOTO: Jimmy Smit








