MAGDA SE PAMPOENKOEKIES MET STROOP

tested

MAGDA SE PAMPOENKOEKIES MET STROOP
2 koppies koekmeel
1 koppie suiker
2 koppie gaar pampoen (butternut of boerpampoen) geen byvoegings
2 teelepels fyn kaneel
3 teelepels bakpoeier
2 eiers
1/4 koppie melk

Sif droë bestanddele goed , roer pampoen , melk en eiers daarby , meng goed.
Braai teelepels vol in warm olie tot goud bruin (nie te warm nie, sal self omkeer wanneer gaar aan die onder kant)
Stroop
2 koppies suiker
1 koppie melk
1 koppie water
3 teelepel maizina
1 eetlepel botter
1 teelepel fyn kaneel

Gooi al die bestanddele behalwe die maizina in ‘n kastrol en kook vir so 3 minute , maak maizina aan met ‘n paar teelepels water en voeg by stroop , kook tot effens verdik , gooi nou warm stroop oor die pampoenkoekies en bedien warm.
Koekies kan ook sonder stroop bedien word met kaneelsuiker oorgestrooi , soos vir n snoep dingetjie of op ‘n soetplatter , baie soos ‘n dounut.
Bron:  Magda Van Der Merwe
Fotos: Gerda Venter Foto: