JAKES SE FRIKKADELLE OOR DIE KOLE
2-3 kg maalvleis hang af vir hoeveel mense jy maak
4 teelepels sout
2 teelepels swartpepper
2 teelepel koljander (coriander)
2 teelepel pietersielie (parsley)
3 teelepels crushed garlic
2 snye witbrood fyngedruk met vurk in klein bietjie melk nie te veel melk net dat brood als klam is
3 eetlepel worcester sous
1 pakkie cream of tomato soppoeier
7 eetlepels chutney
3 eiers geklits
3 eetlepels oats
1 groot ui gerasper
3 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepel worcestersauce sprinkle spice
3 eetlepels appelkooskonfyt
Gooi maalvleis in mengbak en werk lekker deur met groot vurk, gooi dan al die bestanddele by die maalvleis in mengbak bymekaar en meng goed deur met vurk en houtlepel gebruik even jou hande om als saam en goed te meng,
As dit goed gemeng is werk vurk weer deur mengsel, sit mengsel in yskas en laat staan vir halfuur, haal mengsel uit en begin in balletjies rol, hang af van grootte wat jy soek.
Sit op braai en smeer elke 1 met gesmelte botter en olyfolie gemeng!
Braai tot bruin aan albei kante. Eet en geniet ek kan waarborg dis hemels!!
Resep en foto: Johan Delport








