GRANADILLA TERT VIR DIABETE
200 ml kookwater
1 x 80g pakkie jelliepoeier OF 3 x 10 g pakkies suikervrye jelliepoeier
250 ml vetvrye melk
2 ml vanieljegeursel
30 ml suiker (kan vervang word met ‘n suiker plaasvervanger)
30 ml vlapoeier
1 blik ingedampte melk, verkoel oornag in die yskas voor gebruik
200 g (1 pakkie) spysverteringkoekies (bv Bettasnack original)
1 klein blikkie granadillamoes
Los die jelliepoeier op in die kookwater en verkoel in die yskas tot dik maar nie heeltemal gestol nie.
Verhit die meeste van die melk tot kookpunt.
Gebruik die oorblywende melk en meng die vla poeier saam met die vanieljegeursel en suiker tot ‘n gladde pasta.
Gooi bietjie van die warm melk by die pasta, meng en verdik die res van die melk hiermee oor lae hitte.
Roer voortdurend tot dit verdik en plaas dan die vla in die yskas.
Klits die ingedampte melk styf.
Vou die halfgestolde jellie by die ingedampte melk in. Klop tot die volume verdubbel het.
Plaas die koekies in ‘n plastieksak en druk fyn met koekroller.
Sprinkel ‘n dun lagie krummels in ‘n reghoekige of vierkantige tertbak.
Meng die granadillamoes met die vlamengsel. Smeer oor die koekies.
Sprinkel nog ‘n laag koekies oor die vla laag. Giet nou die ingedampte melkmengsel (stadig en versigtig) oor die koekiekrummels.
Versier met oorblywende koekiekrummels en laat stol in yskas tot benodig.
Resep: Fred Zeelie
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.








