GIDEON SE VERVOLMAAKTE HOENDER NOEDEL POTJIE
6 stukkies hoener ( dye en boude )
3 med groot iue gekerf
+-2 koppies skulpie noedels
1 pakkie bruin sampioene gekerf
1 rooi soetrissie gekerf
1 teelepel chilieflakes
1 eetlepel knoffelflokkies
300 ml room
1/2 pakkie sampioen roomsop gemeng met 50ml water ( moenie sout bysit nie die soppoeier maak dit sout )
1/2 teelepel witpeper
1 1/2 koppie gerasperde cheddar kaas
Braai die hoener stukkies vooraf saam met die uie voeg dan die sampioene by asook die rooi rissie knoffelflokkies , chillieflakes en witpeper
Prut omtrent vir 20 min gooi dan die skulpie noedels bo oor en prut vir +- 15 min gooi dan die room oor en prut vir 10 min voeg dan die sampioemroomop en water by en prut vir ‘n 1/2 uur
Strooi dan die kaas bo oor en laat goed smelt op stadige kole !!! en ek belowe jou jy sal dit weer wil doen as jy klaar ge eet het !!
Bron en Foto: Gideon Louw
3de foto: Thalia Rondganger











Geskuif
Caroline Bellardi
Ek het dit ook gemaak. Was hemels! Sal dit definitief weer doen. Opgeet voor ek foto kon neem.
Rina Breet
Gideon ons het jou Vervolmaakte Hoender en Noedel Pot gemaak en dit is heerlik! . Koelronde magies geëet en nou vir die Sondagmiddagslapie. Gelukkig is daar nog oor vir vannaand. Baie dankie vir n heerlike resep. Gaan dit met almal wat ek ken deel. Voorwaar n wenner.