BENHET SE VLAKOEKIES
BRON – Wenresepte 3
FOTO – Benhet Nieuwenhuis
340 g botter
100 g versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
325 g ongesifte koekmeel – 625ml koekmeel
175 g vla poeier
20 ml bakpoeier
knippie sout
Voorverhit oond op 180°C.
Verroom botter. Voeg versiersuiker by en meng. Voeg geursel by en meng goed.
Sif meel, vlaploeier, bakpoeier en sout saam. Voeg by botter mengsel en knie tot deeg vorm.
Vorm koekies. Plaas uitmekaar op bakplaat en bak 10 – 12 min.
Baie lekker! !!
Dis ‘n sagte deeg. Werk met ‘n koekie drukker of maak balletjies. Hy kan nie gerol word nie!!
Flash maak kleur bietjie donkerder as wat dit is!!
Ekt 61 koekies van ongeveer 18g uit gekry.
Letty Schoombie:
Ok, hier is die res van die geheim, gebruik sagte droëkoekie vulsel op die volgende bladsy 190.
250 g botter/margarien
500 g versiersuiker gesif
1 eiergeel. goed geklits
5 ml gliserien
knypie sout
Verroom die smeer.
Klop versiersuiker bietjiegewys by en dan die eiergeel, gliserien en sout.
Klop mengsel baie goed. Vul koekies taamlik dik hiermee.
Dis nou regtig vlakoekies wat smelt in die mond.
Ek gebruik die helfte van die vulsel resep vir ‘n baksel koekies.









Koekie is lekker so op sy eie maar ek stem saam met Letty met die vulsel by is hy ‘n treffer!!!