

RYSPAPIER ROLLETJIES
Rys vermacilli (week in kookwater vir 5 min)
Rys papier velle
basielie blare geskeur of mentblare
slaaiblare gesny
boontjie spruite
komkommer in repies
gras uie in repies
hoender fillet gaar en in repies (Ek het gerookte hoender borsies gebruik)
Shrimps (Ek het gerookte salm gebruik)
Doop die ryspapier in warm water. Sit dit bo-op klam kombuis papier. Sodra die ryspapier sag is plaas klein hoeveelheid van vulsel in en rol op. Soos springrolls.
Bedien met soet rissiesous of sous van jou keuse. Ek het party met salm en die ander met hoender gemaak.
Foto en resep: Martie Fourie Moolman






