

RYSKOEKIES
2 koppies gekookte rys (gebruik gister se rys wat oorgebly het)
1 koppie gewone meel
3 teelepels bakpoeier
2 eiers
olie om in te braai
sout en peper na smaak. (onthou die rys het reeds sout in)
Meng alles deeglik tot ‘n stywe deeg vorm. Maak plat koekies (bestrooi met bietjie meel as jy dit vorm want hulle is klewerig) en bak in vlak olie oor matige hitte tot goudbruin aan elke kant. Bedien met ‘n sous van jou keuse.
Bron en Foto: Adam Cloete.






