SPINASIE EN BLOUKAAS SOUFFLE
Ek maak sommer uit my kop uit.
1 koppie witsous, medium dik
½ koppie gaar spinasie
bloukaas na smaak
3 eiers, geskei
Maak die witsous aan (medium dik) en meng die gaar spinasie (druk al die water goed uit) en bloukaas by terwyl die sous nog warm is.
Laat afkoel en klits die eiergele by.
Klits die eierwitte styf en vou in by die witsous mengsel met ‘n metaal lepel.
Bak by 180°C vir 35 – 40 min in ‘n pan met warm water (ek het dit nie gedoen nie en dis hoekom die kante so bruin is!).
As die souffle nog dril as jy dit effens skud, sit terug in die oond vir nog ‘n paar minute.
Onthou om jou bak baie goed te smeer tot bo!
My bak ongeveer 1 en half liter inhoud.
Resep en foto: Elsabie Templeton
NOTA: Nog ‘n manier is om die spinasie net te laat verlep in kookwater, druk al die water uit en maak so koppie vars room met bietjie sampioenroomsop poeier aan en meng in die spinasie, laat stadig prut tot die sousie dikker is.








